Bob Dylan

Bob Dylan
Agtergrondinligting
GeboortenaamRobert Allen Zimmerman
Ook bekend asElston Gunn, Blind Boy Grunt, Lucky Wilbury/Boo Wilbury, Elmer Johnson, Sergei Petrov, Jack Frost, Jack Fate, Willow Scarlet, Robert Milkwood Thomas
Gebore24 Mei 1941 (1941-05-24)
Duluth, Minnesota, VSA
GenresFolk, blues, rock, country, gospel
Beroep(e)Sanger-liedjieskrywer, kunstenaar, skrywer
InstrumenteStem, kitaar, klavier, mondfluitjie
Jare aktief1959 – hede
EtiketteColumbia, Asylum
AssosiasiesJoan Baez, The Band, Johnny Cash, Grateful Dead, George Harrison, Mark Knopfler, Tom Petty and the Heartbreakers, Traveling Wilburys
Webwerfwww.bobdylan.com

Bob Dylan (gebore Robert Allen Zimmerman, 24 Mei 1941) is 'n Amerikaanse sanger-liedjieskrywer, skrywer, musikant, digter en in sy latere lewe ook 'n platejoggie. Hy is al vyf dekades lank 'n groot gees in populêre musiek. Baie van Dylan se bekendste werk dateer uit die 1960's, toe hy 'n informele tydhouer en onwillige spreekbuis van Amerikaanse onrus geword het. 'n Aantal van sy liedjies, soos "Blowin' in the Wind" en "The Times They Are a-Changin'", het die kenwysies van anti-oorlogsentiment en burgerregte geword. Sy mees onlangse plaat, Modern Times, uitgereik op 29 Augustus 2006, het boaan die Amerikaanse albumtrefferlyste ingetree, wat hom destyds, op die ouderdom van 65, die oudste lewende persoon gemaak het wat die topplek beklee het.[1] Dit was later benoem as Album van die Jaar deur die Rolling Stone-tydskrif.[2]

Dylan se vroeë lirieke was deurspek van die politiek, sosiale kommentaar, filosofie en literêre invloede wat die konvensies van bestaande popmusiek uitgedaag het wat die teenkultuur van daardie tyd uitgelok het. Terwyl hy deurentyd besig was om sy musikale style te verbreed en verpersoonlik, het hy tog 'n standvastige toegewydheid getoon aan die tradisies van Amerikaanse musiek, van folk, country/blues tot gospel, rock and roll, rockabilly, Engelse, Skotse en Ierse volksmusiek, selfs jazz en swing.[3][4]

Dylan tree op met kitaar, klawerbord en mondfluitjie. Hy word ondersteun deur 'n veranderende lys van musikante. Hy toer reeds sedert die laat 1980's op wat al genoem is die "Nimmereindingende Toer" (Never Ending Tour). Hy het al saam met bekende kunstenaars soos The Band, Tom Petty, Joan Baez, George Harrison, The Grateful Dead, Johnny Cash, Willie Nelson, Paul Simon, Eric Clapton, Patti Smith, Emmylou Harris, Bruce Springsteen, U2, The Rolling Stones, Joni Mitchell, Jack White, Merle Haggard, Neil Young, Van Morrison, Ringo Starr en Stevie Nicks opgetree. Alhoewel sy prestasies as sangkunstenaar die kern van sy sukses opmaak, is dit sy liedjieskryf vermoë wat beskou word as grootse bydra.[5]

Vir 'n geruime tyd reeds word Dylan erken en vereer vir sy komposisies, optredes en opnames. Sy plate het hom al toekennings in die vorm van 'n Grammy, Golden Globe en Academy Award besorg, en hy is ingewy in die Rock and Roll Hall of Fame, Nashville Songwriters Hall of Fame en Songwriters Hall of Fame. In 1999 is Dylan ingesluit in die TIME Magazine se 100 invloedrykste mense van die 20ste eeu, en in 2004, was hy #2 op die Rolling Stone-tydskrif se lys van "100 Greatest Artists of All Time",[6] eerste was The Beatles.[7]

In Januarie 1990 is Dylan vereer met die Commandeur des Arts et des Lettres deur die Franse kultuurminister, Jack Lang; in 2000 het hy die Polar Musiekprys van die Koninklike Sweedse Akademie van Musiek ontvang;[8] en in 2007, is die Prins van Asturias-toekenning in kunste aan Dylan toegeken. Hy was ook menigte kere genomineer vir die Nobelprys vir Letterkunde,[9][10][11] wat hy uiteindelik in 2016 gewen het.[12]

  1. "Dylan back on top at 65" (in Engels). ABC News. 7 September 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Augustus 2010. Besoek op 29 Mei 2007.
  2. "The Top 50 Albums of The Year" (in Engels). Rolling Stone. 11 Desember 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Maart 2010. Besoek op 13 September 2007.
  3. ""Love and Theft"" (in Engels). Entertainment Weekly. 1 Oktober 2001. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Januarie 2006. Besoek op 13 Desember 2007.
  4. "Intelligence Data: Bob Dylan's Love & Theft" (in Engels). The Village Voice. 1 Oktober 2001. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Junie 2008. Besoek op 13 Desember 2007.
  5. "Bob Dylan by Jay Cocks" (in Engels). Time magazine. 4 Junie 1999. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Augustus 2011. Besoek op 10 Augustus 2006.
  6. Greatest Artists of All Time Geargiveer 1 Desember 2007 op Wayback Machine
  7. "Bob Dylan". Robbie Robertson. Rolling Stone Issue 946. Rolling Stone. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 September 2007. Besoek op 14 Desember 2007.
  8. "Polar Music Prize, 2000" (in Engels). Polar Music Prize. 1 Mei 2000. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2009. Besoek op 14 Desember 2007.
  9. "Dylan Formally Launched as Candidate for Nobel Prize" (in Engels). Expecting Rain. 1 Oktober 1996. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Desember 2018. Besoek op 17 Oktober 2006.
  10. "Dylan and the Nobel by Gordon Ball" (PDF) (in Engels). Journal of Oral Tradition. 7 Maart 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 4 Augustus 2019. Besoek op 22 Julie 2007.
  11. "Dylan's Words Strike Nobel Debate" (in Engels). CBS News. 6 Oktober 2004. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Oktober 2013. Besoek op 17 Oktober 2006.
  12. "The Nobel Prize in Literature 2016" (in Engels). Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Augustus 2018. Besoek op 7 Oktober 2017.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search